m.b.t

Hennie Boshoff ontmoet Rossetta Woolf in Londen en werk nou reeds langer as 25 jaar saam met haar aan verskeie kunsprojekte. Van hul vroegste suksesse was 'n stel Aleph tarotkaarte [ Aleph Tarot / Le Fou ], wat hulle ontwerp en in 'n beperkte oplaag bemark - en uitverkoop - het.

In die Londen van die tagtigerjare leef hulle hul kreatiwiteit uit deur 'n halfdosyn huise en ateljees in te rig as uitstalruimtes. Later, in die Franse platteland, voltooi hulle drie soortgelyke projekte, insluitend die Pauligne Kasteel.

Met die hulp van verskeie internasionale kunstenaars en kunswerkers omskep hulle die interieur van die kasteel in 'n eksperimentele multimedia kunssentrum. In die tuin kry 22 tarotbeelde 'n staanplek en die kasteel word ook die hoofkwartier van die Azazel Instituut - 'n Amerikaansgebaseerde nie-winsgewende stigting vir die bevordering van Boshoff se kreatiewe visie. Pauligne het groot bekendheid verwerf en toeriste uit elke uithoek van die wêreld gelok.

Met sy terugkeer na sy geboorteland in 2003, vestig Boshoff hom in KZN, waar hy in Umhlanga 'n projek met die titel Toorkuns begin. 'n Deel van die projek is Blou Piet, en die soveelste kunshuis, die eerste op Suid-Afrikaanse grond, word ontwerp en voltooi.

Tans woon Boshoff en Woolf in Prince Albert in die Groot Karoo, waar hulle besig is om 'n lewende kunsmuseum (Tuiste vir die Muses) in te rig by Villa Kruger.

Afgesien van werke deur Boshoff en Woolf, en Suid-Afrikaanse kunstenaars Breyten Breytenbach, Jane du Rand, Su' Knight en Vulindlela Art & Design, word die volgende internasionale kunstenaars verteenwoordig: Laurent Belloni, Pierre Bonnard, Leonor Fini, Nicolas Fleissig, Aleph Kamal, Su' Knight, Lalou, Robert Mapplethorpe, André Marzuk, Hassan Massoudy, Musa Ngcoba, Roser Oduber, Ferdinando Scianna, Andy Summers, Andy Warhol.

LEES WAT DIE MEDIA SÊ