s     Beperkte Oplaag Azazel Eier deur Vulinlela Art & Design

 


Die Eier

Beperkte Oplaag: Azazel Eier

"Herskep die detail van Villa Kruger se sleutel-kunswerke - handgeverf op 100 volstruiseierdoppe."

Dit was die opdrag van die Azazel Instituut aan Vulindlela Art & Design, wat ook offisieel aangewys is as deelnemende kunstenaars vir die 2010 FIFA Węreldbeker-sokkertoernooi.

Opdraggewer Hennie Boshoff weet die versiering van volstruiseierdoppe is geen nuutjie nie. Maar die buitengewone tema, die uitsonderlike kwaliteit van die kunswerke, die feit dat slegs 100 genommerde eiers (met 'n sertifikaat van egtheid, geteken deur beide Boshoof en die kunstenaar) te koop sal wees - en dat dit boonop baie spesiaal verpak gaan word in 'n handversierde houer - gaan sorg dat Die Eier nie net 'n kosbare geskenk sal wees nie, maar ook 'n uitstekende belegging.

Elke eier is 'n unieke meesterstuk waaraan die drie kunstenaars dae lank gewerk het en dit kos slegs R950.

Om jou eie eenmalige Azazel Eier te bekom, bestel by Hennie Boshoff: villakruger@azazel.com of skakel +27 (0)832672436. Jou spesiale eier sal per hand of goedgekeurde koerier afgelewer word.

Meer omtrent Vulindlela Art & Design www.vulakznarts.co.za
Welcome Danza, Bheki Khambule - beide wenners van die START Nivea Kunsprys - en Lalelani Mbhele is die drie pliare waarop Vulindlela Art & Design staan. Hulle werk in elke medium: Op doek in olie en akriel; vir reuse muurskilderye skrik hulle nie; hulle kerf in hout; doen keramiekwerk; aanvaar uitdagings met oorgawe. Elke kunswerk is die kunstenaar se oorspronklike intellektuele eiendom en word noukeurig uitgevoer. Die resultaat is kuns wat al meer in aanvraag is, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook oorsee.